2010-03-01

Nuwe US-raadsverkiesing: Almal het agendas - net sommige kies vir Afrikaanse onderrig

Van 1 Maart tot 25 Maart kan alle oud-maties en donateurs aan die US stem vir altesaam 6 nuwe lede van die US-raad. Die US-raad bepaal, as een van sy oorsigfuksies, onder andere die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch.

Die US-raad bestaan uit 31 lede, waarvan 6 nuwes dus ongeveer 20% stemkrag verteenwoordig. Dink goed voordat jy stem, sorg dat dit 'n bekwame kandidaat is en weet dat dit 'n bepalende tyd vir die voortbestaan van Afrikaanse onderrig op universiteitsvlak is.

Na aanleiding van 'n e-pos deur Hermann Giliomee, Marié Heese, Jacko Maree en Lina Spies (huidige en oud-US-raadslede), is die meegaande grafika saamgestel. Dié vier beveel aan dat daar by die konvokasie gestem word vir Wannie Carstens, George du Toit, Jan Heunis, Rhoda Kadalie en vir die donateurs, George Steyn.

Hier is hul aanbevelings: http://matieland.blogspot.com/
Kliek op die grafika om jou na die Maties Alumni-blad te neem waar jy kan stem.

1 comment:

  1. Anonymous1/3/10 17:34

    Enige kandidaat wat deur die Hertzoggies (dis nou Edwin Hertzog, Gerhard van Niekerk en Desmond Smith) aanbeveel word, is 'n "loser", want al drie hierdie here is "losers".
    Gerhard van Niekerk het sleg verloor vier jaar gelede in die verkiesing van US Raadslede deur die donateurs; daarna is hy "gered" deur die destydse Minister van Onderwys en weer in die Raad aangestel.
    Desmond Smith het twee jaar gelede deelgeneem aan die US Raadsverkiesing deur Konvokasielede, en het sleg verloor; nou probeer hy sy geluk as kandidaat vir die donateurs!
    Edwin Hertzog het twee jaar uitgetree as US Raadslid en -voorsitter, en dit wys geag om homself nie weer beskikbaar te stel vir herverkiesing nie.
    Red nou 'n universiteit met sulke mense!

    ReplyDelete