2010-02-17

Onthou Koos Bekker se punt

Keira, wat's jou ringtone?
26/10/2005 07:39 - (SA) Die Burger

As Stellenbosch sou verengels, kies die universiteit die roete van papbroekigheid, skryf Koos Bekker.

DIE gedoente van die laaste paar weke op Stellenbosch gaan oor verskeie dinge. Maar waaroor dit nie gaan nie, is die reg van enige student in Suid-Afrika wat wil, om in Engels te studeer.

Daar is vandag sowat 20 universiteite in Suid-Afrika. Van hulle het sowat 15 Engels as voertaal en verskeie van die oorblywende 5 toenemend ook. Die vraag is of daar enige universiteit behoort te wees vir studente wat, for better or worse, graag deur die voertaal van Afrikaans wil studeer.
[redakteursnota: daar is in 2010 eintlik net 4 wat oorbly, die Universiteit van Johannesburg het vir alle praktiese doeleindes Engels as voertaal; foto van Naspers-webblad]

Vic Webb oor dubbelmedium/T-opsie

Prof Vic Webb het by die Konferensie oor die Toekoms van Afrikaans op Universiteitsvlak gesê hy dink dubbelmedium-onderrig (die T-opsie) kan nie werk op universiteitsvlak nie.

Deel 1

Deel 2

2010-02-16

Mediese studente met goeie medisyne

Hoofrede by openingsfunksie van Tygerbergers vir die Behoud van Afrikaans in die Klaskamer (TBAK)
Jasper van Zyl
Voorsitter: TBAK 2009/10

11 Februarie 2010 is ‘n geskiedkundige dag. Die rede hiervoor is nie net omdat TBAK vandag onsself bekendstel nie, inteendeel; TBAK se bekendstelling word vandag oorskadu deur die twintigjaarherdenking van oudpres. Nelson Mandela se vrylating ná 27 jaar van gevangenisskap.
Oudpres. Mandela se vrylating het ‘n nuwe tydvak in die Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelei: Suid-Afrika het ‘n land geword waar vyande mekaar in die oë kon kyk, ‘n land vir elkeen wat daarin lewe.

Ek beland dikwels in situasies waar ek my eie oortuigings rakende taalsake moet verdedig.