2010-02-16

Mediese studente met goeie medisyne

Hoofrede by openingsfunksie van Tygerbergers vir die Behoud van Afrikaans in die Klaskamer (TBAK)
Jasper van Zyl
Voorsitter: TBAK 2009/10

11 Februarie 2010 is ‘n geskiedkundige dag. Die rede hiervoor is nie net omdat TBAK vandag onsself bekendstel nie, inteendeel; TBAK se bekendstelling word vandag oorskadu deur die twintigjaarherdenking van oudpres. Nelson Mandela se vrylating ná 27 jaar van gevangenisskap.
Oudpres. Mandela se vrylating het ‘n nuwe tydvak in die Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelei: Suid-Afrika het ‘n land geword waar vyande mekaar in die oë kon kyk, ‘n land vir elkeen wat daarin lewe.

Ek beland dikwels in situasies waar ek my eie oortuigings rakende taalsake moet verdedig. Hierdie situasies is dikwels die gevolg van gesprekke wat ek voer rakende die toestand van die Suid-Afrika waarvan oudpres. Mandela in 1994 die leisels oorgeneem het.

Die vraag wat ek gevra word, is: “Gegee die enorme uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, is daar nie belangriker dinge om voor te baklei as ‘n taal nie?”

Dit het my ‘n rukkie geneem voordat ek ‘n bevredigende antwoord op hierdie vraag kon kry. Deesdae is my reaksie op daardie vraag die volgende: “Taal staan sentraal tot die oplossing van ‘n groot klomp van die uitdagings waarvan jy nou praat”.

Daar bestaan ‘n groot klomp arm gemeenskappe in hierdie land wat Afrikaans as ‘n moedertaal het. Navorsing het al keer op keer bewys dat moedertaalonderrig die beste en eerste keuse vir enige skolier of student behoort te wees. Die redes hiervoor is legio, maar diegene wat twyfel aan die meriete van daardie stelling, behoort hulself af te vra of dit bloot toevallig is dat skole waar moedertaalonderrig nie plaasvind nie, jaar ná jaar die nuusopskrifte haal weens hul swak uitslae?
En die kinders is nie te blameer nie.

Afrika is die enigste kontinent waar skoolkinders nie die geleentheid het om in hul moedertaal te studeer nie. Opvoedingkenners meen dat hierdie een van die topredes is waarom selfs matrikulante nie die mas opkom in die werksomgewing nie.
Hierdie is ‘n ernstige saak, dames en here, ‘n saak van ongelooflike belang.

Om terug te keer na TBAK. Die Universiteit van Stellenbosch is die moederuniversiteit van die Afrikaanse mediese vaktaal. Reeds in 1948 het prof. Andries Brink die belang van die ontwikkeling van die Afrikaanse geneeskundetaal verstaan en deur sy en sy kollegas se werk is Afrikaans vandag ‘n volledig ontwikkelde taal van mediese wetenskap.

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch is vandag een van slegs twee universiteite in die wêreld waar ‘n Afrikaanssprekende nog in sy/haar moedertaal kan dokter word.

En waarom is dit belangrik? Opvoedkundiges is dit eens dat moeilike, abstrakte wetenskaplike konsepte, waarvan die geneeskunde volgeprop is, optimaal verstaan word wanneer dit in die moedertaal oorgedra word. Die kern hiervan is: Moedertaalonderrig lei tot ‘n beter en meer volledige verstaan van jou werk. Dit lei tot ‘n geneesheer wat beter toegerus is as sy/haar kollega.

We want to make it clear that TBAK is not at all an anti-English society. English proficiency is one of the most important skills that one must acquire to function in today’s world. It has become so important that some educationalists label this ability a “life skill”!

The truth is that we acquire this ability not through medical textbooks. An English-speaking colleague of mine once confronted me with the question: “how do you want to practice medicine in, say, Britain, if you do not know the language?”

My answer was that in order to function as a doctor in Britain, two things are important. The first is that you have to be able to speak English.

The second is that you have to be a doctor!

There is a difference between one’s everyday language proficiency and one’s cognitive and academic language ability. For an Afrikaans student, English is a poor study language.
Confirmation of this came when a Zulu-speaking colleague of mine told me that he has to figure out the work in Zulu before he can truly understand it.

TBAK is in love with the multi-cultural and multilingual environment that is Tygerberg. Our campus is perhaps the most truly integrated of any campus in South Africa. Just take a look at our residences. Just think about who your friends are. TBAK is an organisation that is pro-inclusivity, pro-transformation. Most importantly, we are pro-tolerance.

TBAK het ontstaan weens ‘n toenemende kommer onder studente rakende die pad waarop Afrikaans op Tygerberg loop. Sonder die voordeel van amptelike syfers, kan ons bloot staatmaak op die persepsie van die individu. Hierdie persepsie is grootliks dat Afrikaans in ons klaskamers aan die afneem is.

Ek moet dit duidelik stel dat TBAK volle vertroue het in die bedoelings van die bestuur van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe wat betref taalsake. Ons vertrou ten volle dat ons leiers die erns van die situasie snap en dat ook hulle Afrikaans op die hart dra. Verder is ons deeglik bewus van die praktiese en fiskale uitdagings wat Fakulteit in die gesig staar.

Sedert TBAK in 2009 (toe ons nog bloot ‘n groepie besorgde studente was en nie ‘n vereniging nie) sekere taalkwessies voor die Fakulteit se deur gelê het, het hulle daarvan werk gemaak om hierdie sake reg te stel. Hiervoor bedank en salueer ons ons Fakulteit.

Daarom het ons besluit om vannaand ‘n “daad van lojale proaktwiteit” te doop. Daar bestaan by ons geen twyfel dat uit alle oorde meer gedoen kan word om taalkwessies aan te spreek nie – dames en here, ons moet potensiële taalkwessies gaan sóék en ontlont voordat dit te laat is om dit op te los! Ons vertroue in Fakulteit is egter van só ‘n aard dat ons bereid is om met hulle saam te werk en oplossings vir hierdie uitdagings te vind.

Dit is ook om hierdie rede dat TBAK onsself as ‘n projekgedrewe organisasie geposisioneer het. TBAK kan baie maklik die strydbyl optel en protes voorop plaas. TBAK kan baie maklik brûe verbrand alvorens ons dit oorsteek. Maar TBAK het besluit om ‘n deel te wees van die oplossing.
Om hierdie rede het TBAK drie hoofprojekte aangepak wat Afrikaans as ‘n mediese vaktaal sal bestendig en help ontwikkel.

Die eerste is die daarstelling van ‘n Afrikaanse mediese letterkundeargief. Hierdie projek is daarop gemik om Afrikaanse mediese handboeke, videomateriaal, bandopnames, tesisse en ander geskrifte te versamel en te bewaar. Die belangrikheid van sulke argiewe is voor-die-hand-liggend: soos my geskiedenisonderwyseres altyd gesê het: hoe wil ons weet waarnatoe ons beweeg indien ons vergeet waar ons vandaan kom?

Die tweede projek is daarop gemik om enige moontlike hulp te verleen aan die Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme, wat ons gas, prof. Jan Lochner, tans alleen bedryf. Studente sal genader word om daardie terme wat hul in handboeke of leermateriaal opspoor en nie die Afrikaanse ekwivalent van ken nie, onder ons aandag te bring. Op hierdie manier sal ons die woordeboek uitbou en verseker dat die woordeboek op datum is met die nuutste mediese ontwikkelinge. Verder sal ons natuurlik die woordeboek help bemark en fondsinsamelingsprojekte loods om die woordeboek te ondersteun.
Die derde en laaste groot projek behels die publisering van nuwe mediese kennis in drukvorm en die verspreiding van Afrikaanse konsepomsommings. TBAK sal ook help met die vertaling van notas waar finansies skraps raak en die tyd min!

Vandag, op 11 Februarie 2010, dink ons terug aan die droom van oudpres. Mandela, van ‘n land waar burgers mekaar se hande vat en mekaar toelaat om dit wat vir jou broer belangrik is, hom te gun. ‘n Droom van ‘n land waar elke burger die reg het om optimaal te groei en te ontwikkel. ‘n Droom van ‘n land waar elkeen kan deelneem aan die onwikkeling van ‘n nuwe Suid-Afrika.
Vannaand loods ons 1000 ballonne in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag om ons verbintenis tot hierdie droom te simboliseer. Ons is verbind tot ‘n kampus en ‘n Suid-Afrika waar alle tale aktief ontwikkel en gekoester word, waar elke spreker met trots sy/haar taal kan praat en kan omdraai en sê: ook ek is ‘n Suid-Afrikaner.

Dit het tyd geword dat studente die gesig word van die taaldebat. Uit met politiek en in met samehorigheid! Uit met verskuilde agendas en in met openhartige gesprekvoering!

Uit met dit was oud is en in met die nuwe! Uit met briefskrywery en in met projekte!

Uit met gister en in met TBAK!

Ayoba! Ayoba, Afrikaans!

No comments:

Post a Comment