Raadsverkiesing 2014: Vir wie om te stem


Prof WAM (Wannie) Carstens

Is ʼn akademikus verbonde aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom. Hy is die huidige voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.  

Beleidstelling – Die uitnemendheid van US moet verder uitgebou word - dit moet die fokus wees van die Raad. Ek sal my verder beywer om vir Afrikaanssprekendes ʼn vaste plek aan die US te verseker.

Dr GC (George) du Toit

Ginekoloog en verloskundige. Dien tans op die uitvoerende komitee van US Raad. 

Beleidstelling – Die uitnemendheid van US moet verder uitgebou word - dit moet die fokus wees van die Raad. Ek sal my verder beywer om vir Afrikaanssprekendes ʼn vaste plek aan die US te verseker.

Mnr JG (Johan) Theron

Prokureur, praktiserend as kommersiële litigant.

Beleidstelling – Onnodige debatte, verskuilde agendas en strategiese naïwiteit beperk die US se rol as ʼn baken van hoop en vooruitgang in ʼn samelewing wat mank gaan daaraan. Die ideaal van ʼn inklusiewe en uitmuntende akademiese instelling is steeds bereikbaar deur onbenepe innoverende denke en toekomsgerigte bestuur.