2010-06-07

'US: probeer tolkdienste!' - 'n oorwoë pleidooi

Marius Swart, dosent aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch, het by die Adam Tas Taalsimposium van die Woordfees 'n belangrike en deeglike pleidooi vir die wenslikheid van tolkdienste gelewer:
"Vertaal- en tolkdienste kan studente en dosente in staat stel om, binne die raamwerk van Afrikaans en Engels as hooftale wat in die universiteit se meertalige taalbeleidsraamwerk genoem word en waarmee ons hier  vertroud is, die taal van hul keuse te gebruik en hulle daarin uit te druk. Daarmee saam kan dit lei tot die behoud van Afrikaans as dinamiese wetenskapstaal, asook die uitbou van ons derde provinsiale taal, Xhosa, as wetenskapstaal. Hierdie voordele, asook verskeie ander, is al deur empiriese navorsing aan die NWU bewys (Verhoef, 2006:94)."
Klik hier vir die volledige artikel.