Dennerand 5
Stellenbosch
6 Februarie 2014
Beste KonvokasielidEk wil graag die volgende kandidate aanbeveel in die verkiesing van lede vir die Raad van die Universiteit van Stellenbosch wat pas begin het.
- Wannie Carstens
- George du Toit
- Johan Theron
Daar is op hierdie gebiede gevorder
- Dat studente ʼn volledige Afrikaanse ervaring aan die US kon hê. Dit was die belofte van die US-bestuur.
- Ter wille van ‘toegang’ (iets wat deur die Staat vereis word) is beding dat ook Engelssprekendes wat wil baat by US se gehalte van opleiding, so ʼn ervaring kan hê. Daar is dus ʼn parallel-beleid (twee aparte strome).
- Die T-opsie in sy huidige vorm word uitfaseer.
- Die T-opsie behoort in die toekoms te staan vir die Tolk-opsie. Dus: klasse word getolk deur kundige persone (waarvoor in die begroting voorsiening gemaak word) en op hierdie wyse word goeie onderrig verseker.
Ons maak op u samewerking staat om deur u stem die erfenis van Stellenbosch te bewaar en dit vir die toekoms te verseker.
Hermann Giliomee
No comments:
Post a Comment