2010-03-30

Aanbevole kandidate wen - donateurs en konvokasie het gepraat!

US-raadsverkiesing: Uitslae bekend!

Die Konvokasie het die volgende raadslede aangewys: Adv JC (Jan) Heunis, Dr R (Rhoda) Kadalie, prof WAM (Wannie) Carstens en dr GC (George) du Toit.

Die donateurs het vir prof PW van der Walt en mnr GM (George) Steyn op die Raad aangewys.

Daar het 5661 konvokasielede gestem en 612 lede van die kieskollege van donateurs. Van die stemme wat uitgebring is, was tov die Konvokasie 644 per e-pos, 2774 dmv die Web en 2243 per faks en per hand en tov die donateurs 90 per e-pos, 208 dmv die Web en 314 per faks en per hand.

1 comment:

  1. Anonymous1/7/10 16:58

    Die Edwin Hertzog/Gerrit van Niekerk groep het behoorlik op hul herrie gekry met nie een enkele van hulle kandidate wat die pyp gerook het nie. Dit ten spyte van die feit dat Hertzog 'n "oorlogskamer" in sy firma MediClinic in Stellenbosch ingerig het om per e-pos propaganda te maak.
    Ironies het een van hul kandidate vir die Konvokasieverkiesing, Francois Groepe, minder as 100 stemme op hom verenig gekry. Nogtans het die Minister van Hoër Onderwys (wat ook optree as Sekretaris van die SA Kommunistiese Party) dit goed geag om Groepe aan te stel as een van sy eie apparatchiks op die US Raad. Groepe was voorheen een van die minister se aanstellings, maar sy termyn is in Junie 2009 nie hernu nie.
    Dit is skynbaar gewoonte van die minister om "rejects" van die US Raadsverkiesings te "recycle" (om T-opsie taal te gebruik). In 2006 is die einste Gerrit van Niekerk verslaan in 'n verkiesing deur donateurs, net om daarna (op aanbeveling van die einste Edwin Hertzog, destyds die raadsvoorsitter) as ministeriële "verteenwoordiger" ('n term wat hyself gebruik het) op die Raad aangestel te word.

    ReplyDelete