tag:blogger.com,1999:blog-6142320620040287674.post3761073223066822632..comments2014-03-17T02:59:46.778+02:00Comments on Afrikaans @ Maties: Aanbevole kandidate wen - donateurs en konvokasie het gepraat!Taalaktivishttp://www.blogger.com/profile/08462683966930808226noreply@blogger.comBlogger1125tag:blogger.com,1999:blog-6142320620040287674.post-173430446820296542010-07-01T16:58:06.075+02:002010-07-01T16:58:06.075+02:00Die Edwin Hertzog/Gerrit van Niekerk groep het beh...Die Edwin Hertzog/Gerrit van Niekerk groep het behoorlik op hul herrie gekry met nie een enkele van hulle kandidate wat die pyp gerook het nie. Dit ten spyte van die feit dat Hertzog 'n "oorlogskamer" in sy firma MediClinic in Stellenbosch ingerig het om per e-pos propaganda te maak. <br />Ironies het een van hul kandidate vir die Konvokasieverkiesing, Francois Groepe, minder as 100 stemme op hom verenig gekry. Nogtans het die Minister van Hoër Onderwys (wat ook optree as Sekretaris van die SA Kommunistiese Party) dit goed geag om Groepe aan te stel as een van sy eie apparatchiks op die US Raad. Groepe was voorheen een van die minister se aanstellings, maar sy termyn is in Junie 2009 nie hernu nie. <br />Dit is skynbaar gewoonte van die minister om "rejects" van die US Raadsverkiesings te "recycle" (om T-opsie taal te gebruik). In 2006 is die einste Gerrit van Niekerk verslaan in 'n verkiesing deur donateurs, net om daarna (op aanbeveling van die einste Edwin Hertzog, destyds die raadsvoorsitter) as ministeriële "verteenwoordiger" ('n term wat hyself gebruik het) op die Raad aangestel te word.Anonymousnoreply@blogger.com