2009-12-09

Vergelyking tussen die US se taalbeleid en taalpraktyk:

Die US se taalpraktyk:


Die US se taalbeleid
Die US se taalbeleid bepaal dat Afrikaans (die A-opsie) die outomatiese onderrigmedium moet wees en dat die T-opsie (dubbelmedium, Afrikaans en Engels afgewissel) en ander taalaanbiedings slegs na deeglike motivering oorweeg sal word. In die praktyk was die A-opsie in 2009 slegs 38% van die modules gebruik.

Afdeling 4 van die US-taalbeleid:
"1. Die voorgraadse leer- en onderrigtaal van die Universiteit is by verstek Afrikaans."
"2. Engels word in besondere omstandighede as voorgraadse leer- en onderrigtaal gebruik."

En dan word dit in die beleid so verduidelik: "Stellings 1 en 2 beteken dat, tensy anders bepaal word, die A-taalspesifikasie van die Taalplan outomaties vir alle voorgraadse modules geld. In voorgraadse modules word daar slegs na oorweging van deeglike motivering van hierdie verstekposisie afgewyk."

1 comment:

  1. Anonymous9/12/09 18:07

    Visiestelling 2012 van die Universiteit van Stellenbosch bepaal in die vyfde visiestelling:
    * bevorder Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal in 'n meertalige konteks
    Kyk mens na die praktiese (wan)implementering van die Taalbeleid en Taalplan van 2002 (soos gewysig) sou mens gedog het die vyfde visiestelling vereis "bevorder Engels as onderrig- en wetenskapstaal in 'n meertalige konteks, met 'n bietjie Afrikaans"

    ReplyDelete