2009-10-05

Stellenbosch staan vir die idee van vrees en stilswye


Rapport 2009-10-04
Uittreksels uit wat Pieter Malan* skryf

’n Mens kan beswaarlik Rapport-lesers kwalik neem as hulle ’n bietjie teësinnig raak oor polemiese stukke oor die taaldebat op Stellenbosch en ander voormalige “wit” universiteite.Ek sal dit tog waardeer as lesers nog een keer vasbyt – al is dit net omdat ek beloof om nie te verval in ’n alfabetsop van A- en T-opsies nie.Verlede week het die skrywer Marié Heese, wat pas bedank het as ’n lid van die Maties se universiteitsraad, in hierdie ruimte ’n helder en beredeneerde saak van etiese verval by die Universiteit van Stellenbosch uitgemaak.

Haar analise sorg vir onthutsende leesstof, juis omdat dit na dese nie meer saak maak aan watter kant van die groot Stellenbosse taalstryd jy staan nie. As Heese se argument water hou, is dit ’n skokkende aanklag teen Stellenbosch en sy bestuur.

* Pieter Malan is redakteur van Rapport Weekliks. Vir die volledige artikel, klik hier.

1 comment:

  1. Russel Botman steek swak af teen die nuwe rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen. Jansen is 'n uitmuntende bestuurder en het op Fokus (SABC2, Sondag 18 Okt 2009) duidelik standpunt ingeneem ten gunste van Afrikaans. Hy doen dinge, teenoor Botman wat dinge uiter en dan God's water oor God's akker laat loop. Die groot probleem met die US is dat die Taalbeleid hoegenaamd nie BESTUUR word nie - dit is aan sigself oorgelaat en dosente, departementshoofde en dekane interpreteer dit soos hulle wil, en doen wat hulle wil. Stellenbosch quo vadis?

    ReplyDelete