2009-10-18

Jannie Mouton sê hoekom hy loop by US

Rapport, 2009-10-18
Uittreksels uit Marlene Malan se berig:

"Hy kon nie langer in ’n raad aanbly waar Afrikaanssprekendes met agterdog bejeën word en die kampus van die Universiteit van Stellenbosch (US) al hoe meer Engels word nie.
Hy is ook gekant teen transformasie soos dit tans hier toegepas word – so ook die idee dat transformasie nie in ’n Afrikaanse omgewing kan geskied nie.
Dít is die hoofredes waarom hy vier maande gelede uit die raad van die Universiteit van Stellenbosch (US) bedank het, sê die sakereus mnr. Jannie Mouton."
...
"[Na aanleiding van die regeringsbesoek aan prof Russel Botman, oor transformasiedoelwitte] sê Mouton: 'Ek is gekant teen transformasie soos dit nou hier toegepas word. Die skerp styging in Engelssprekende studente – by benadering 25% tussen 2005 en 2008 – het geensins die rasseprofiel verander nie. Die universiteit word al hoe witter en al hoe meer Engels.'
Hy sê as raadslid 'sou ek graag ’n positiewe rol daar vervul, ’n bydrae lewer tot die uitbou van akademiese uitmuntendheid tot voordeel van al sy studente, maar dit was onmoontlik. Besluite wat ons in die raad geneem het, word nie uitgevoer nie.'"
...
“Ek kry die idee daar is mense wat meen transformasie kan nie plaasvind waar Afrikaans gepraat word nie. Dié beskouing jeens Afrikaans is gesetel in ons verlede, en dit moet verander.
“Ek kan nie langer ’n rol in ’n raad vervul in ’n atmosfeer waar Afrikaanssprekendes se motiewe voortdurend met agterdog bejeën word nie.”

Vir die volledige berig, klik hier.

No comments:

Post a Comment