2009-10-01

Maties se leierskorps trap in al die bestuurslaggate

SEWE TEKENS VAN ETIESE VERVAL
Die Universiteit van Stellenbosch word in talle opsigte 'n gevallestudie van etiese verval,skryf Marié Heese*
Repport, 27 Sept. 2009
Dit het mode geword om universiteite te benader asof hulle sakeondernemings is. Dit kan na my mening in sekere opsigte tot mistastings lei, maar in ander opsigte is daar wel belangrike ooreenkomste.
Sonder twyfel is die US in bepaalde opsigte werklik uitmuntend. Daar is velerlei projekte en prastasies waarop almal met reg trots kan wees. Die vergoed egter nie vir die onaanvaarbare ontwikkelinge op die gebied van onderrigmedium nie. Uitmuntende navorsing is bewonderenswaardig. Suksesvolle gemeenskapsprojekte moet geloof word. Uitblinkers op sportgebied maak almal se harte bly. Maar 'n universiteit moet in die lesinglokaal ook slaag.
* Marie Heese is 'n voormalige lid van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch
Vir die volledige artikel, klik hier

1 comment:

  1. Anonymous1/10/09 14:27

    Marie Heese druk die vinger op die seer: die totale gebrek aan bestuur, toesig en beheer aan die Universiteit van Stellenbosch. Elkeen maak wat hy wil - dosente, departementshoofde, en dekane; daar is geen beheerlike monitering van die toepassing van die amptelike Taalbeleid en Taalplan nie. Afwykings van die Taalplan en Taalbeleid word eenvoudig a posteriori gekondoneer. En die ironie is dat Russel Botman vra: "vertrou my". Feit is dat hy nog NIKS gedemonstreer het op grond waarvan mens hom kan vertrou nie. Dit is 'n universiteit wat 'n ongeleide missiel is - dit volg sy eie pad na nêrens.

    ReplyDelete