Stem in die 2014 verkiesing van nuwe raadslede en gee aan Afrikaans 'n vaste plek op Stellenbosch.
2009-12-14
2009-12-11
Toespraak deur die president van die Konvokasie
Alhoewel daar “oomblikke van hoop en optimisme” vir Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch (US) was, sĂȘ prof. Pieter Kapp, president van die US-konvokasie, “spyt [dit] my dat ek vanaand aan u moet rapporteer dat ons nie daarin kon slaag om hierdie vaste plek te verseker nie.”2009-12-09
Vergelyking tussen die US se taalbeleid en taalpraktyk:
Die US se taalpraktyk:

Die US se taalbeleid
Die US se taalbeleid bepaal dat Afrikaans (die A-opsie) die outomatiese onderrigmedium moet wees en dat die T-opsie (dubbelmedium, Afrikaans en Engels afgewissel) en ander taalaanbiedings slegs na deeglike motivering oorweeg sal word. In die praktyk was die A-opsie in 2009 slegs 38% van die modules gebruik.
Afdeling 4 van die US-taalbeleid:
"1. Die voorgraadse leer- en onderrigtaal van die Universiteit is by verstek Afrikaans."
"2. Engels word in besondere omstandighede as voorgraadse leer- en onderrigtaal gebruik."
En dan word dit in die beleid so verduidelik: "Stellings 1 en 2 beteken dat, tensy anders bepaal word, die A-taalspesifikasie van die Taalplan outomaties vir alle voorgraadse modules geld. In voorgraadse modules word daar slegs na oorweging van deeglike motivering van hierdie verstekposisie afgewyk."
Subscribe to:
Posts (Atom)
