2010-04-29

T-opsie lok NIE ekstra studente

Daar word beweer dat die T-opsie nodig is omdat die US andersins studente sal verloor. Die syfers vertel 'n ander verhaal.

'n Vergelyking van die inskrywingsyfers van studente by die Fakulteit Lettere en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) wys op die teendeel.

Lettere het sedert 2004 toenemend die T-opsie ingestel en geen noemenswaardige studentegroei ervaar nie. EBW het deurgaans by die A-opsie gehou en toon ook konstante studentegroei. EBW is blykbaar ook die fakulteit wat, met al sy Afrikaans, proporsioneel die meeste swart, bruin en indiƫrstudente kon trek.

'n Volgende stap in hierdie analise sal moet wees om tussen studente se taalgroepe te onderskei, maar die aanduidings sover is dat die US 'n onbenullig klein risiko loop om studente te verloor weens "te veel" onderrig in Afrikaans. Die Engelse studente aan die US kom nie vir Engelse onderrig nie.

Die teendeel is moontlik waar.
______________________________________
Byvoeging: Die onderstaande meningswisseling is 'n goeie kwalifikasie van bostaande stellings:

No comments:

Post a Comment