2009-09-19

Deur ’n spieël in ’n raaisel?


Marie Heese skryf (BY, 19 Sept. 2009):
Met ’n swaar gemoed het ek uit die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) bedank.
Die konvokasie het my daar geplaas op grond van my standpunt dat transformasie nagestreef behoort te word, maar deur die medium van Afrikaans.
Ons het ’n grondwetlike reg en ’n morele plig om vir studente van alle rassegroepe wat in Afrikaans wil studeer, dit minstens voorgraads moontlik te maak. Ek sal nie voortgaan om in ’n raad te dien wat dit nie wil verseker nie.
Die raad van die US bevind sigself vandag, soos Alice wat deur die spieël geklim het, in ’n agterstevoor wêreld. Lewis Carroll se Rooi Koningin kon ses onmoontlike dinge glo voor ontbyt. Ek kan nie.
Lees die volledige artikel hier.
Lees ook: "Heese, Mouton bedank oor 'US te wit, te Engels' is", Rapport, 2009-09-20 deur hier te klik.

1 comment:

  1. Anonymous21/9/09 09:32

    Niemand kan vir Marié Heese en Jannie Mouton dit verkwalik dat hulle bedank het uit die Raad van die Universiteit van Stellenbosch nie. Dit is net jammer dat ons Alma Mater nou sonder die insette en talente van hierdie twee toegewyde mense moet klaarkom. Intussen word die septer geswaai in die US Raad deur die Minister van Hoër Onderwys se vyf apparatchiks en hul meelopers. Dit is twee van hulle wat as voorsteller en sekondant van 'n "mosie van sensuur" op Marié Heese (nadat sy 'n brief in Die Burger durf plaas het!) haar bedanking gepresipiteer het.

    ReplyDelete