tag:blogger.com,1999:blog-6142320620040287674.post5010289412557298559..comments2014-03-17T02:59:46.778+02:00Comments on Afrikaans @ Maties: Voorgraadse onderrig by US minstens 60% AfrikaansTaalaktivishttp://www.blogger.com/profile/08462683966930808226noreply@blogger.comBlogger1125tag:blogger.com,1999:blog-6142320620040287674.post-43531900815888253342009-12-09T12:31:18.444+02:002009-12-09T12:31:18.444+02:00Die 60% voorgraadse Afrikaanse aanbod geld vir die...Die 60% voorgraadse Afrikaanse aanbod geld vir die US as geheel, nie per fakulteit nie. Dit beteken NIE dat 'n voornemende voorgraadse student kan verwag dat sy kursus 60% in Afrikaans en 40% in Engels aangebied word nie. So bv skaf die Fakulteit Regsgeleerdheid in 2010 sy 100% A-opsie aanbod in geheel af en skakel dit oor na die T-opsie, wat veronderstel dat 50% van die voorgraadse aanbod in Afrikaans sal wees. Dieselfde geld in die Fakulteit Teologie, waar ter wille van 4 Engelssprekende studente uit 'n totaal van 127 alle voorgraadse modules in die T-opsie aangebied word. In die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is dit veronderstel om 50% Afrikaanse aanbod te wees, maar in die praktyk is dit nader aan 30%.<br />Die R29 miljoen wat dit kos is nie vir die bevordering van meertaligheid nie, maar is die addisionele koste wat dit verg om Engels aan te bied. Dit kan nie van Afrikaanssprekende ouers verwag word om daarvoor op te dok nie; laat diegene wat so aandring op Engelse onderrig, dit betaal.<br />Die 60% peil geld verder slegs vir 2010-2013 en wat daarna gebeur is enigiemand se raaiskoot.<br />Dit alles is strydig met die Konvokasie van die US se versoek dat 'n voorgraadse Afrikaanse aanbod van ten minste 75% gewaarborg sal word. Maar die US Raad en topbestuur is skynbaar nie bereid om so 'n kontrak met die ouers en studente van die toekoms aan te gaan nie.Taalaktivishttps://www.blogger.com/profile/08462683966930808226noreply@blogger.com